Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Ingrid Winterbach

@ Sunday Times Books LIVE

About Ingrid Winterbach

Ingrid WinterbachIngrid Gerda Winterbach is op 14 Februarie 1948 in Johannesburg gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Florida. In 1969 behaal sy ’n BA-graad in die Skone Kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand, en in 1970 ’n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan dieselfde universiteit.

In 1974 ontvang sy ’n MA-graad in Afrikaans & Nederlands, onder leiding van DJ Opperman, aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is daarna onderwyser, verslaggewer by Die Burger en vir 13 jaar dosent in die kunsdepartement van Stellenbosch Universiteit. Ingrid was daarna ook dosent in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Natal. Sedert 2002 is sy besig om voltyds te skryf en te skilder.

Haar eerste roman, Klaaglied vir Koos, verskyn in 1984 onder die skuilnaam Lettie Viljoen. Sy publiseer ’n verdere vier boeke onder dié naam. Sy ontvang in 1994 die M-Net- en Ou Mutual-prys vir Karolina Ferreira. Buller se plan (1999) is die eerste boek wat onder die naam Ingrid Winterbach verskyn. Ingrid ontvang die Hertzogprys vir prosa in 2004 vir Niggie. Haar agtste roman, Die boek van toeval en toeverlaat, is in 2007 met die M-Net-, WA Hofmeyr-, en die UJ-prys vir skeppende skryfwerk bekroon.

 

Please register or log in to comment